Wednesday 22 April 2015

Verduideliking van Volson / Halfskadu / Volskadu / Spikkelskadu

Al ooit gestaan met 'n plant in die hand en gewonder waar om hom te plant?  In die son / In die skaduwee / In die hoekie langs die huis waar geen son ooit kom nie....?  Wel hier is die verduideliking van daardie "tags" op die plante:

Full Sun / Volson:  Minimum van 6 ure direkte son per dag.
Partial Sun / Partial Shade / Halfskadu:  4-6 ure direkte son per dag.  (Verkieslik skadu in die middel van die dag wanneer dit op die warmste is.  Dus of son in die oggend / of son in die laatmiddag.)
Full Shade / Volskadu:  Minder as 4 ure direkte son per dag.
Dappled Shade / Spikkelskadu:  Dis plante wat hou van ‘n “bos-atmosfeer” – hul groei graag in die skadu van bome wat die meeste son weg keer.

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.