Thursday 10 September 2015

Plant rose in aartappels


OK hier is 'n idee wat ek self nog nooit probeer het nie.  Ek het die epos van 'n maatjie gekry en blykbaar kan jy rose so aan die groei maak.  Jy neem net die steeltjie, doop hom in hormoonpoeier en steek dit dan in 'n aartappel.  Die aartappel gee blykbaar genoeg vogtigheid vir die roos om wortels te maak.  (Ek gaan hierdie wenk beslis probeer.)  Ook 'n oulike idee as jy by iemand 'n steggie / steeltjie kry wat jy wil groei maak, en jy moet hom vervoer.

Koek versiering


Nog 'n maklike idee vir ons wat nie blomme uit versiersuiker kan maak nie.  Ek dink as ek mooi probeer sal ek hierdie een kan reg kry, so ek bere die fototjie vir eendag....

Wednesday 24 June 2015

Roos snoei - Maklik gemaak


Dit is tyd om rose te snoei:  Laaste twee weke in Julie of eerste week in Agustus op die laatste.
Hier is ‘n maklike manier om roos snoei te onthou.  Het die wenk by Stodels gekry en dis ideaal vir beginners:

DSTV of Rose Pruning:

Tuesday 23 June 2015

Maklike koekversiering

Hmmm - dink selfs ek sal dit dalk kan regkry.  Lyk maklik en nogal baie impressive.  Dis nou 'n idee vir die wat bietjie skrik vir versiersuiker blomme en ingewikkelde dekorasies.

Nuwe idee

Chillerton Farm - Glas dak in plaas van dakplate... 

Hasie hop


Het hierdie oulike idee gekry op themotherhuddle.com  - Tog te oulik vir Paasfees of sommer 'n kerkbasaar kindertafel.

Pantry - Oorgenoeg pakplek

Kan nie onthou waar ek aan die fototjies kom nie - het dit al 'n rukkie gebere op my rekenaar.  Maar dis nou hoe pakplek in 'n kombuis moet werk.  Oorgenoeg.  :-)