Tuesday 21 April 2015

Ranunculus of soos ons sommer se Ranonkels

In my ma se winter tuin het hierdie pragtige helderkleurige blomme altyd gespog met hul vrolikheid.  Dis nou die een blom wat kleur na ons tuin bring.  Hierdie jaar (April) is die klein plantjies al aan die opkom.  So:

Goeie plant tyd:  April
Blomtyd:  So vanaf Julie tot September (Afhangende van wanneer jy geplant het)
Plek in tuin:  Volson

Dis letterlik 'n geval van "druk in die grond en gee water".  So maklik.  Hulle is nie vol fimies nie.  Volson en water - dis die belangrikste.
Wanneer hulle klaar geblom het haal ek die bolletjies uit die grond en bere dit op 'n droe plek tot ons hulle weer die volgende jaar wil plant.
(April maand is 'n goeie tyd om hul in die grond te kry - so plant nou.)

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.