Wednesday 1 April 2015

Eet jou plantjie en die grond.

Is dit nie pragtig nie?  Lyk net soos 'n plantjie in 'n pot grond - enigste ding is jy kan als eet:

Houertjie is gevul met Chocolate mouse, daarna krummel jy koekies bo-op en druk 'n takkie mint daarin.

Hier is 'n resep vir vinnige kits mikrogolf Chocolate mouse: (Net 2 bestandele)

Smelt 400 g sjokolade en 1 1/2 koppie room in mikrogolf teen 50% krag vir so 2 min.  (Roer elke minuut)
Haal uit en roer goed sodat daar geen klonte is nie.  Laat afkoel in yskas vir so 40 min, maar dit moenie stol nie.  Klop dan met 'n houtlepel tot pofferig. ('n "Whisk" werk ook goed.)

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.