Wednesday 1 April 2015

Suurlemoenboom, nartjie, lemoen.....

Sitrusbome - Seker van my gunstelinge in die tuin.  Dalk dateer dit uit jare gelede (baie jare gelede) toe ons altyd deur Citrusdal gery het oppad na Clanwilliam vir kuiers by die familie.  Dan was die bome langs die pad oorvol met bloeisels en het ons spesiaal ons motor ruite afgedraai om die geur van die bloeisels te kry soos ons ry.  By die padstalle was daar oorvloed van sitrus en dit was asof jy in 'n feeverhaal is met die bloeisels oral.
So natuurlik is my tuin ook nou vol sitrusbome.  (Lemoen, Nartjie, Suurlemoen, Pomelo & Lemmetjie)
Goeie raad wat ek ontvang het vir sitrus:  
Gooi gereeld Epsom sout om die bome (2 Eetlepels op 1 Liter water).  Seagrow is ook 'n goeie idee om gereeld te spuit om die boom ekstra krag te gee.  En as daar wit wolletjies agterop die blare begin vorm en die miere begin teen die boom opklim, spuit met Oleum.

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.