Friday 20 September 2013

Tradisionele Pampoenkoekies / Pumpkin Fritters


Hier is die regte egte pampoenkoekie resep.  My tannie maak die beste pampoenkoekies in die land en hierdie is haar resep.
Heeeeeeeeeeeeeerlik.

Bestandele:
3 Koppies gaar pampoen (fyn gemaak) - Gewone "boerpampoen" werk goed.
2 Eiers (geklits)
1 Teelepel Sout
2 Koppies Bruismeel (Self-raising)
3 Teelepels Bakpoeier
1/4 Koppie Suiker



Meng alles goed deur en skep dan lepels vol in 'n pan met warm olie.  Moenie die koekies te groot maak nie anders sal hul bruin verkleur maar nognie gaar wees in die middel nie.  (Maak Mini-koekies.)
Jy kan hul nou met kaneelsuiker strooi, of jy kan die volgende stroop maak om bo-oor te gooi.

STROOP:  (Dis heerlik oor die pampoenkoekies.)
2 Koppies Suiker (Wit suiker)
1 Koppie water
1/2 Koppie melk
2 Eetlepels Botter
Knypie sout
2 Teelepels Maizina

Meng als saam oor lae hitte of in mikrogolf oond tot gladde sous vorm en suiker opgelos is.

Bedien warm.


No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.