Metode:
- 2.5kg (5lb) Boomtamaties
- 2 kg (4lb) Suiker
- 1 Koppie water
- Sap van 1 suurlemoen
Skil die tamaties en kap dit so fyn as wat jy verkies. Plaas in groot pot met water en suurlemoensap en bring tot kookpunt. Kook tot vrugte sag is. Voeg nou suiker by en roer tot opgelos oor matige hitte. Sodra opgelos bring weer tot kookpunt en kook vinnig vir 30 minute. Gooi onmiddelik in gesterriliseerde glaspotte.
No comments:
Post a Comment
Note: only a member of this blog may post a comment.