Wednesday 18 September 2013

Maklike Perske en appelkoos blatjang / Easy chutney

Dit maak 18 bottels mild blatjang.

BESTANDDELE:

612 g droeperskes
238 g gedroogde appelkose
3 liter bruin druiwe-asyn
2 +1/2 kg wit suiker
500g uie
120 g sout
75 g cayenne-peper  (of na smaak)
Handvol rosyntjies of sultanas (optioneel)


METODE:

1.Spoel die vrugte goed af en week dit oornag in druiwe asyn
2.Kook vrugte in asyn en dreineer
3. Maal in klein stukkies in n meul (of voedselverwerker / dalk wil jy dit net sny met ‘n kombuismes – dit gaan afhang van hoe grof jy dit wil he.).
4.Gooi die vrugte, suiker ( opgelos in n bietjie asyn) en uie ( fyngekap) by en kook in n groot pot in die asyn die hoeveelheid asyn hang af van die vastigheid: dit moenie te loperig of te dik wees nie
5. Voeg kruie by en kook vir 2-2+1/2 uur
6. Roer nou en dan met n houtspaan dat dit nie vasbrand nie.

Steriliseer bottles en gooi dit warm daarin en verseel.  (Dit kan jare bewaar word maar as dit oop is so 6 mnde in die yskas.)

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.