Friday 12 July 2013

Tradisionele Kool Frikadelle

OK so hulle lyk gladnie soos op die fototjie nie, maar ek kon nie die presiese prentjie kry nie.
Koolfrikadelle is iets wat al jare met die boere families saam kom en ook somtyds bekend gestaan het as Ouma onder die kombers.  Jy maak eintlik net gewone frikadelletjies volgens jou smaak, draai hul toe in koolblare en sit hul in die oond.

Kool:  Kook die sagte blare (sonder die stronk) in soutwater tot sag.

Bestandele:
250g vark maalvleis
250g skaap maalvleis
1 groot dik sny witbrood
125 ml melk
1 middelslag ui, gerasper
1 groot eiers
1 EL gekapte pietersielie
1 TL fyn neutmuskaat
1TL sout
Peper na smaak
Koekmeel  (genoeg om die frikadelle in te rol)
30ml botter
30ml sonneblomolie

Wenk:  Jy kan bietjie gemmer byvoeg na smaak of selfs 'n bietjie chutney / blatjang

Metode:
Week die brood in die melk en maak fyn met ‘n vurk.
Gooi nou die maalvleis by asook die uie, eier, pietersielie, neut, sout en peper.
Meng alles goed saam.
Gooi ‘n klein bietjie olie op jou hande en rol die balletjies. 
Rol dan in meel en bak in botter en olie tot amper gaar in oond of op die stoof.
Rol die frikadelle toe in die koolblare en pak die frikadelle in in oondskottel –styf teen mekaar.
Maak toe met foil en bak in oond teen 160 vir so 30 min.

Haal dan die foil af en braai so vir 10 min. tot goed gaar.  (Jy kan sousies so af en toe bo-oor skep.)

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.