Monday 8 July 2013

Quiche - Maklik en gou - Spek, Kaas en Spinasie - Heerlike kombinasie

Met die groot hoeveelheid spinasie wat ek hierdie jaar in plastiekhouers by my agterdeur gegroei het, het ek gesoek vir 'n resep vir Spinasie quiche, maar een wat maklik is en nie snaakse bestandele bevat nie.  Ek ontvang toe die volgende wat ek beslis gaan probeer:

Spek en Kaas quiche - Spinasie kan bygevoeg word
4 eiers
3/4k Room
3/4k Melk

1/2k Kaas
3/4k Spekvleis[gaar] of koue hoender of Ham blokkies
1t Vars gekapte Pietersielie
Sout en Peper
Meduim ui fyngekap

1e fyngekapte groen Soetrissie


Klits jou eiers goed en voeg al die ander bestandelle by
Gooi in jou tertpan en bak vir 35-40min. op180*C

(Helena Kruger voeg dievolgende wenk by:  "Ek gebruik dit as n basis vir enige vulsel...enige groente is ook baie lekker in." Helena.)

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.