Friday 12 July 2013

Tradisionele Karringmelk Beskuit

Blykbaar glo die mense wat hierdie resep elke dag gebruik, dat hy regtig soos ouma se karringmelkbeskuit van desjare smaak.  Hier is Stork margarien se resep:

1 kg bruismeel
10 ml (2 t) sout
500 g Stork Bake
375 ml (1½ k) suiker
500 ml (2 k) karringmelk
2 ekstragroot eiers


Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer twee groot broodpanne.
Sif die meel en sout saam in ’n groot bak. Voeg die STORK BAKE by en vryf dit met jou vingerpunte in tot dit soos broodkrummels lyk. Roer die suiker in. Klits die karringmelk en eiers saam en voeg dit by die meelmengsel. Roer tot gemeng en verdeel dit tussen die twee panne.
Bak 50-60 minute tot gaar (’n toetspen moet skoon uit die middel van elke brood kom). Verlaag die temperatuur tot 60 °C.
Keer die brode uit en laat effens afkoel. Sny dit in vingers en pak op bakplate. Plaas die beskuit in die oond vir 4-6 uur tot heeltemal uitgedroog. Laat afkoel en bêre in lugdigte houers.

Lewer 70.

Stork -wenk: Is jou karringmelk op? Meng 250 ml (1 k) volroommelk met 30 ml (2 e) witasyn. Roer of klits en laat staan 5 minute voor gebruik. Of gebruik helfte melk en helfte natuur-like jogurt.

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.