Wednesday 3 April 2013

Boontjies plant tyd

Ai kyk net hoe mooi lyk so 'n tuintjie.  Nog 'n inspirasie fototjie. 
Elke jaar "vergeet" ek bietjie om die een of ander konstruksie te prakseer om my boontjies teen op te rank.  Die gevolg is dat die slakke heerlik eet en ek somtyds moet soek na die boontjies.

Hierdie jaar was ek pro-aktief. 
Nee my tuin lyk nie naastenby so pragtig soos op hierdie foto nie, maar ek het probeer en gaan kyk of dit werk.
'n Ou tuinhekkie wat nie meer doel gehad het nie, dien sommer in die een hoek as raamwerk vir 'n paar boontjies en 'n paar hout latte in 'n ander hoek soos 'n tent-vorm by mekaar vasgemaak, dien as raamwerk in 'n ander hoek. 
So hierdie jaar sal ek die slakke uitoorlê.  Ek gaan gereeld my boontjies "oplei" en vasbind en dan kyk ons wie wen.  Hie-hie-hie.  :-)

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.