Thursday 14 February 2013

Making your own butter


I've tried this one with great success.  It's so much fun making your own butter.  Now I can say - I've done that.........although in the "modern timesaving way of doing".  LOL

Plaasbotter in die moderne kombuis:

Bestandele:
2 k “heavy whipping cream” (Dit moet teen kamer temperatuur wees – baie belangrik.)
Sout (optioneel)

Metode:
1.                   Plaas die room in ‘n mengbak en klits met ‘n elektriese klitser op medium spoed. 
2.                  Sodra dit styf geklop is, stel die menger stadiger en hou aan klits.  Die room sal nou begin klontjies vorm.
3.                  Wanneer dit nog dikker raak sal die botter begin skei van die karringmelk.  (Die karringmelk moet afgegooi word en kan gehou word om later mee te bak of selfs te drink.)  (As die karringmelk nie skoon weg spoel nie, sal die botter gou suur raak.)
4.                  Gooi skoon koue water oor die botter en druk dit met ‘n hout spaan of lepel tot al die karringmelk uitgeloop het.  Die water moet skoon spoel.
5.                  Jy kan bietjie sout byvoeg as jy sou verkies, en siedaar jou botter is kant en klaar.

Wenk:  Jy kan dit in ‘n blokkie vorm of jy kan kruie by voeg en dit in rolletjies met clingwrap draai om as geskenke te gee met jou eie etiket.

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.