Thursday 14 February 2013

Drie susters van die groentetuin

Al ooit gehoor van die “Drie susters” in die groentetuin?  Wel, soos dit nou tyd raak om weer boontjies, pampoen en mielies te plant, het ek bietjie gaan uitvind oor hierdie drie susters en dis nogal heel oulik.

Die beginsel werk as volg.

Plantmaats (Mielies, boontjies en Pampoen of skorsies):   Jy plant jou mielies op ‘n sonnige plek in jou groentetuin, in ‘n blok wat jy daarvoor uitgesit het.  (Onthou hul stel voor dat mielies nie in een lang ry geplant word nie, maar in ‘n blok van ‘n paar rye, sodat bestuiwing makliker plaasvind.)  Nou plant jy jou boontjies tussen die mielies sodat die mielies ook dien as struktuur waarteen die boontjies kan oprank.  So jy het geensins nodig om pale in die grond te sit vir jou boontjies nie.  Geen spesiale strukture nie, want hulle rank sommer teen die mielies op.  Die boontjies gee ook ‘n voedingswaarde aan die grond wat die ander plante nodig het om te groei.  Die pampoen word dan geplant saam met hierdie twee en so “gevleg” dat die blare die grond beskerm en die insekte weg hou van die ander twee. So hierdie drie susters (Mielies, boontjies en skorsies/pampoen) is dus die ideale plantmaats vir jou groentetuin.

Hier is ‘n stukkie uit Wikipedia wat dit nogal mooi saamvat:
The three crops benefit from each other. The maize provides a structure for the beans to climb, eliminating the need for poles. The beans provide the nitrogen to the soil that the other plants utilize, and the squash spreads along the ground, blocking the sunlight, helping prevent establishment of weeds. The squash leaves also act as a "living mulch", creating a microclimate to retain moisture in the soil, and the prickly hairs of the vine deter pests.

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.