Wednesday, 13 February 2013

Groente plant tyd

Groente saai en plant tyd – Landswyd in SA
(Hierdie is slegs ‘n gids, maar sal afhang van weerspatrone in jou spesifieke area.)

Januarie
Boontjies, spinasie, beet, suikermielies, radyse, geelwortels, preie, broccoli, blomkool, brandrissie, basiliekruid, tamaties, blaarslaai, seldery, kopkool, eiervrug.

Februarie
Beet, broccoli, spruitkool, kopkool, geelwortels, blomkool, seldery, stamboontjies, pietersielie, preie, blaarslaai, uie, rankboontjies, rabarber, spinasie, rape

Maart
Beet, boerbone, broccoli, kool, geelwortels, blomkool, preie, blaarslaai, rape, spinasiebeet, ertjies

April

Broccoli, kopkool, blomkool, geelwortels, preie, uie, spinasie, radyse en beet, knoffel, aarbei-saailinge.

Mei
Boerbone, blaarslaai, ertjies, radyse en rape.

Junie
Boerbone, broccoli, kool, geelwortels, preie, ertjies, rape en radyse

Julie
Ertjies, Kopkool, spinasie en radyse.

Augustus
Aspersies, beet, eiervrug, geelwortels, witwortels, uie, ertjies, soetrissies, radyse, tamaties, murgpampoentjies en komkommers (slegs in Wes-Kaap)

September
Aspersies, boontjies, beet, geelwortels, seldery, komkommers, blaarslaai, tamaties, soetrissies, radyse, eiervrug, spanspek, pampoen, murgpampoen, aartappels, dille, vinkel, koljander, dragon, roosmaryn, grasuie, anys, peppermint, basilliekruid, kerwel, komkommerkruid en pietersielie

Oktober
Beet, broccoli, geelwortels, seldery, komkommers, stamboontjies, eiervrug, blaarslaai, spanspek, witwortels, pampoen, radys, soetrissie, tamaties, spinasiebeet, suikermielies en murgpampoen.  Kweek patats van steggies.

November
Boontjies, beet, geelwortels, komkommers, tamaties, spinasie, soetrissie en murgpampoen, basilliekruid, grasuie, salie en pieterssielie

Desember
Beet, kopkool, soetrissie, tamaties, komkommers, seldery, boontjies, murgpampoen, pietersielie en pampoen.
Plant patats van steggies.

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.

Post a Comment