Wednesday 13 February 2013

Raad vir molle in die tuin

Dit mag vir julle laf klink, maar ek kan getuig dat sedert ons hierdie bottels in ons tuin het, die mol probleem heeltemal weg is.  Hierdie is 'n plan wat WERK:


Knip aan twee kante van 'n leë plastiek sap of melk bottel 'n "deurtjie" / "Flappie" / "Venstertjie".  Plaas die bottel onderstebo op 'n dun stokkie in jou tuin en sodra die wind begin waai, gaan dit in die rondte begin draai.  Die klank en vibrasie irriteer die molle en hulle vlug. 

Daar is 'n paar plekke in ons tuin waar ons bloot die bottels, sonder flappies, oor stokkies in die tuin hang en sodra die wind begin op kom begin hul skud en beweeg.  Dit werk net so goed.  (Wanneer ons tuin natspuit, ritsel die bottels ook teen mekaar en stuur die boodskap vir die molle om te verkas.)

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.