Wednesday, 27 February 2013

Vye Konfyt



Die resep is maklik, maar dit is ongelooflik heerlik.  As jy 'n vyeboom soos ek, in jou tuin het moet jy eenvoudig hierdie resep in jou boek skryf en probeer:

Was en skil die ryp vye dun af en weeg dit.
Gebruik 375 g suiker vir elke 500 g vrugte en 125 ml water vir elke 500 g suiker.
Sit die vye en die suiker in lae in n kastrol en voeg die water by.
Verhit stadig en roer af en toe tot die suiker opgelos is.
Voeg n stuk gekneusde gemmer en 15 ml suurlemoensap vir elke 500 g vrugte by.
Kook verder, omtrent 'n uur en bottel dit warm.

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.