In my ma se winter tuin het hierdie pragtige helderkleurige blomme altyd gespog met hul vrolikheid. Dis nou die een blom wat kleur na ons tuin bring. Hierdie jaar (April) is die klein plantjies al aan die opkom. So:
Showing posts with label My Garden. Show all posts
Showing posts with label My Garden. Show all posts
Tuesday, 21 April 2015
Wednesday, 1 April 2015
Suurlemoenboom, nartjie, lemoen.....
Sitrusbome - Seker van my gunstelinge in die tuin. Dalk dateer dit uit jare gelede (baie jare gelede) toe ons altyd deur Citrusdal gery het oppad na Clanwilliam vir kuiers by die familie. Dan was die bome langs die pad oorvol met bloeisels en het ons spesiaal ons motor ruite afgedraai om die geur van die bloeisels te kry soos ons ry. By die padstalle was daar oorvloed van sitrus en dit was asof jy in 'n feeverhaal is met die bloeisels oral.
So natuurlik is my tuin ook nou vol sitrusbome. (Lemoen, Nartjie, Suurlemoen, Pomelo & Lemmetjie)
Goeie raad wat ek ontvang het vir sitrus:
Thursday, 26 March 2015
I love sweetpeas a lot
Sweetpeas - My gunsteling blom in die hele wye wereld. Wanneer hulle blom pluk ek 'n bos en druk my neus reg in die middel sodat ek die blomme teen my gesig voel en die reuk diep kan in asem.......en daarna nies ek. Ja Ja dis presies wat ek doen. Hulle is pragtig. Mooiste mooiste blomme ooit en as ek 'n miljoener was, sou ek elke dag 'n bos sweetpeas by my huis laat aflewer EN nog 'n klomp in die tuin he. Wel dis nou tyd om hulle te saai, so ek het my sonnigste stukkie grond reggemaak met baie kompos, die saadjies oornag in lou water geweek en hul toe gesaai. Nou is dit wag en kyk tot hul op kom. Dan moet ek net onthou om hul elke tweede week met Seagrow te spuit en hopenlik kan ek hierdie jaar weer spog met 'n mooi bos sweetpeas in my huis. (My liefde vir hulle kom al van kleintyd toe ons vreeslike lang "driveway" vol sweetpeas geplant was van voor tot agter. Hulle het in oorvloed geblom en ek kon elke dag blommetjies vir die tannie langsaan aandra. Wow - Good memories.)
Interressante bevinding uit my eie tuin volg hier:
Interressante bevinding uit my eie tuin volg hier:
Wednesday, 8 May 2013
Dahlias uit my tuin
Het ek al gespog met my dahlias? Wel as ek het....sorry. :-) Kan dit nie help nie. Dinnerplate dahlias. Pragtig en beslis elke sent werd. Hulle het in oorvloed geblom hierdie jaar en ek het tonne blomme vir die huis gehad. Drie blomme en 'n hele glaspot is oorvol. (so groot was hulle).
Thursday, 28 February 2013
Huge Dahlias
In my kinderjare het die buur-omie groot dahlias in sy tuin gehad. Sulke helder massiewe blomme wat oor die tuin muur geloer het soos vriendelike gesigte wat jou groet in die verbystap. Diep rooi, pers, oranje, pienk-lig-pers skakerings, alle kleure. Dit was ongelooflik mooi. Almal het van oom Burger se dahlias gepraat.
Later jare op ons plaas het my ma rye en rye dahlias gehad met ook die mooiste kleure : Groot blomme.
Maar toe begin die wereld dink hulle moet blomme verander en aanpas vir kleiner tuine en siedaar jy kry nerens meer ‘n groot dahlia soos ek dit kon onthou nie. Praat jy met mense by tuinsentrums, luister hulle nie na jou nie. Dis ongelooflik. Dis asof hulle dink jy is dom en weet nie beter nie. As ek vra na die “dinner plate dahlia” word daar vir my vertel dat die klein bolletjies wat daar op die rak lĂȘ met die foto van die klein dahlia blommetjies op die pakkie, “is eintlik baie groot mevrou……hulle is regtig die dinner plate dahlias. Mens kry mos nie groter nie.” Hmmmm ja.
Verlede jaar besluit ek toe genoeg is genoeg. Ek het navorsing gedoen en daar is werklik so iets soos ‘n “dinner plate dahlia” en dis werklik beskikbaar in SA. So is ek twee keer na die kwekery.
Monday, 25 February 2013
Prag kleure vir die tuin
Abelia kaleidoscope - Heng maar dis 'n mooi plant. Ek soek hierdie een vir my tuin. Nog gladnie raakgeloop in 'n tuinsentrum nie.......maar eendag is eendag. Dis ongelooflike mooi kleure bymekaar.
Goggas in die tuin - Beginner tuinier
My storie begin so: By aanbeveling van al die tuin kenners, verkas ek na die naaste tuinsentrum op soek na “Stink Afrikaners”. Ek is vertel dat as jy hierdie plantjies in jou groentetuin plant sal die goggas nie jou groenteplantjies opeet nie en ek was al moedeloos.
Nou eerstens is dit ‘n saak van gebed as jy begin vra vir “Stink Afrikaners” in ‘n tuinsentrum. Die mense kyk jou aan asof jy nou finaal heeltemal die pad verloor het. Dan begin hul senuagtig te giggel en kyk rond vir hulp. Dringend.
Thursday, 14 February 2013
Growing Sweet potato in pots
You can grow sweet potatoes in pots. Yes you can !!!
Here is a picture of my 2 kg sweet potato from my garden pot to proof it.
Wednesday, 13 February 2013
Subscribe to:
Posts (Atom)








