Wednesday 16 July 2014

Outydse resep - Boerekos Melktert

Tradisionele Melktert:

Melktertkors:

2 k koekmeel
1 E bakpoeier
½ k suiker
knippie sout
100 g botter
1 eier
100 ml melk

Hierdie resep is genoeg vir twee melkterte.
Vir die kors meng jy die meel, bakpoeier, suiker en sout en vryf die botter in.
Klits die eier en melk en voeg by.
Werk alles liggies deur met die vingers tot dit ‘n stywe deeg vorm.
Rol die deeg uit en strooi meel daaroor.

Melkpap:
1½  k koekmeel
3 t mielieblom
1½ k suiker
8 eiergele
1 k melk
nog 4 k melk 
3 t vanieljegeursel
250 g botter
8 eierwitte

Nou vir die melkpap.
Meng die meel, mielieblom, suiker, eiergele en die koppie melk en sit dit eenkant.
Verhit nou die 4 koppies melk, vanieljegeursel en botter en roer die meelmengsel daarby. Verwyder van hitte.
Klits die eierwit styf en vou dit versigtig in die mengsel.
Giet dit op die deeg.
As jy dit in die oond bak, doen dit teen 180º C vir 40 minute.
Strooi kaneel oor voor bediening.

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.