Ek het hierdie blokkies as geskenk van Chantal gekry, en mense dit is heeeeeeeeeeeeeerlik. So natuurlik MOES ek net die resep by haar kry.
Sjokolade
blokkies
250g Botter / Margarien
500g Versiersuiker
100ml Kakao
2 eiers
2 Pakkies Marie / Tennis Beskuitjies
Mikrogolf botter op 100% krag vir 1 min / tot gesmelt. Sif versiersuiker & kakao saam & voeg by botter. Klits eiers & voeg by mengsel. Mikrogolf mengsel op 100% krag vir 2 - 21/2 min
Breek beskuitjies in mengsel & roer deurmekaar.
Skep in bak.
Laat afkoel & bere in ys- / vrieskas
No comments:
Post a Comment
Note: only a member of this blog may post a comment.