Thursday 20 June 2013

Rendil en Poppie se maalvleisbroodjie (Kokkedoor resepte)

Maalvleisbroodjie

6 Porsies


100 ml olyfolie
250 g spek
1 kg bees maalvleis
5 ml naeltjies
5 ml rooipeper
5 ml swartpeper
4 knoffelhuisies
20 ml vars tiemie
20 vars koljander
20 ml vars basilliekruid
8 saggekookte eiers
375 ml gerasperde mozzarella

Voorverhit oond tot 180ºC
1. Meng al die droë bestanddele en voeg by die maalvleis. Sny die ui en knoffel op in klein blokkies en meng dit ook met die vleis.
2. Voer ‘n broodpannetjie uit met tinfoelie, en voer dan ook uit met die spek.
3. Meng die olyfolie met die maalvleis en pak ‘n dun lagie vleis bo-op die spek.
4. Kook die eiers net vir drie minute en gooi dit dan in yskoue water en laat staan vir 5 minute. Dop dit af en plaas dit bo-op die maalvleis in die middel van die pannetjie. Plaas die res van die maalvleis bo-op die eiers.
5. Bak vir 30 minute en gooi dan die mozzarellakaas oor die broodjie en bak vir ‘n verdere 10 minute.

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.