Wednesday, 13 March 2013

Kerrievis

Hier is 'n resep vir kerrievis - net reg vir Paasfees. 
Blykbaar is dit 'n tradisionele Maleise gereg.

Tradisionele Kaapse Kerrievis

2 kg ferm visfilette (verkieslik geelstert of kabeljou)
sout en varsgemaalde witpeper

Kerriesous:
125 ml olie
3 uie, dun gesny
200 ml bruinasyn
20 ml suiker
5 ml borrie
10 ml kerrie
5 ml rissiepoeier
5 lourierblare
sout

Geur die vis met die sout en peper.

Verhit die olie in 'n pan en braai die vis vir 5 minute aan 'n kant.
Verwyder die vis uit die olie en dreineer om handdoekpapier.

Kook die uie, asyn, suiker en speserye saam in 'n souspan vir 10 minute.
Geur met sout na smaak.
Plaas die vis in 'n bak en gooi die sous oor. Sorg dat die sous die vis bedek.
Plaas 'n deksel op die bak en bêre in die yskas vir ten minste 'n dag voor jy dit gebruik.

Die resep is genoeg vir 6 persone

(Resep van Kookkuns)

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.