Wednesday 13 February 2013

Die Mielieboer


Daar was  ’n boer wat  mielies gekweek het. Elke jaar het hy sy mielies ingeskryf by die landbouskou en soos klokslag wen hy die blou roset vir die beste mielies in die distrik.
Een jaar het die joernalis van die plaaslike dagblad ’n onderhoud met hom gevoer en iets baie interessants geleer omtrent die boer se manier van mielieverbouing. Die verslaggewer het te wete gekom dat die boer sy aanplantingssaad deel met sy bure.

“Hoe
kan jy dit bekostig om jou mieliesaad te deel met jou bure terwyl hulle ook elke jaar inskryf vir die beste mielie kompetisie?” vra die verslaggewer aan die boer.

Maar, meneer,” die boer “het jy nie geweet nie? Die wind tel stuifmeel op van die rypwordende mieliekoppe en waai dit van saailand na saailand. Indien my bure minderwaardige gehalte mielies verbou sal kruisbestuiwing stadig maar seker die kwaliteit van my mielies nadelig beïnvloed.  Indien ek goeie mielies wil moet ek my bure help sodat hulle ook goeie mielies verbou.”

Die
boer was terdeë bewus van die mens se interafhanklikheid van mekaar. Sy mielies kan nie verbeter tensy sy bure se mielies nie ook verbeter nie. So is dit ook gesteld met ons lewens. Dié wat in vrede wil lewe moet ook hul bure help om in vrede te leweDié wat gelukkig wil wees moet ook ander om hulle help om geluk te vind aangesien die welstand van elke een verbind is aan die welstand van almal.
Dit is moontlik om weg te gee en steeds ryker te word!  Dit is ook moontlik om te styf vas te hou en alles te verloor. Ja, die vrygewige man sal ryk weesDeurdat hy aan ander water gee, les hy ook sy eie dors.
Spreuke 11:24-25Daar is een wat ruim uitdeel en nog meer kry, en een wat terughou meer as wat reg is, maar tot sy gebrek.
Die
siel wat seën, word versadig; en hy wat laaf, word self ook gelaaf.

My
gebed vir elkeen van julle, is  voorspoed, gesondheid, vrede, vreugde en genade. Mag Jesus elkeen ryklik seën en sy beskermende Hand oor elkeen hou.

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.