OK hier is 'n idee wat ek self nog nooit probeer het nie. Ek het die epos van 'n maatjie gekry en blykbaar kan jy rose so aan die groei maak. Jy neem net die steeltjie, doop hom in hormoonpoeier en steek dit dan in 'n aartappel. Die aartappel gee blykbaar genoeg vogtigheid vir die roos om wortels te maak. (Ek gaan hierdie wenk beslis probeer.) Ook 'n oulike idee as jy by iemand 'n steggie / steeltjie kry wat jy wil groei maak, en jy moet hom vervoer.
Thursday, 10 September 2015
Koek versiering
Nog 'n maklike idee vir ons wat nie blomme uit versiersuiker kan maak nie. Ek dink as ek mooi probeer sal ek hierdie een kan reg kry, so ek bere die fototjie vir eendag....
Wednesday, 24 June 2015
Roos snoei - Maklik gemaak
Dit is
tyd om rose te snoei: Laaste twee weke
in Julie of eerste week in Agustus op die laatste.
Hier is
‘n maklike manier om roos snoei te onthou.
Het die wenk by Stodels gekry en dis ideaal vir beginners:
DSTV of Rose Pruning:
Tuesday, 23 June 2015
Maklike koekversiering
Hmmm - dink selfs ek sal dit dalk kan regkry. Lyk maklik en nogal baie impressive. Dis nou 'n idee vir die wat bietjie skrik vir versiersuiker blomme en ingewikkelde dekorasies.
Hasie hop
Het hierdie oulike idee gekry op themotherhuddle.com - Tog te oulik vir Paasfees of sommer 'n kerkbasaar kindertafel.
Pantry - Oorgenoeg pakplek
Kan nie onthou waar ek aan die fototjies kom nie - het dit al 'n rukkie gebere op my rekenaar. Maar dis nou hoe pakplek in 'n kombuis moet werk. Oorgenoeg. :-)
Subscribe to:
Posts (Atom)