Monday, 25 February 2013

Blomkool en kaas sous

Dis 'n maklike gereg wat ek by my suster leer maak het.  Altyd 'n treffer op ons tafel:

1/2 pak gevriesde gemengde groente (Country vegetables)
Genoeg water om te bedek en 'n knippie sout.
Kook tot gaar en gooi water af.

Maak 'n gewone wit sous (nie kits pakkies nie):
4 El Botter
4 El Maizina
2 K Melk
Roer met "wisk" en kook stadig tot gaar.

Gooi nou die witsous oor die groente en rasper 2 K Cheddar kaas bo-oor.  Druk met 'n lepel of mes oral oor, sodat die witsous en groente meng sonder dat jy dit hoef te roer.  Dit moet net sulke holtetjies maak sodat alles nie bo-op bly lê nie.  Sprinkel pietersielie oor en bak in oond tot kaas gesmelt het.  Heerlik.

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.