Thursday 26 March 2015

I love sweetpeas a lot

Sweetpeas - My gunsteling blom in die hele wye wereld.  Wanneer hulle blom pluk ek 'n bos en druk my neus reg in die middel sodat ek die blomme teen my gesig voel en die reuk diep kan in asem.......en daarna nies ek.  Ja Ja dis presies wat ek doen.  Hulle is pragtig.  Mooiste mooiste blomme ooit en as ek 'n miljoener was, sou ek elke dag 'n bos sweetpeas by my huis laat aflewer EN nog 'n klomp in die tuin he.  Wel dis nou tyd om hulle te saai, so ek het my sonnigste stukkie grond reggemaak met baie kompos, die saadjies oornag in lou water geweek en hul toe gesaai.  Nou is dit wag en kyk tot hul op kom.  Dan moet ek net onthou om hul elke tweede week met Seagrow te spuit en hopenlik kan ek hierdie jaar weer spog met 'n mooi bos sweetpeas in my huis.  (My liefde vir hulle kom al van kleintyd toe ons vreeslike lang "driveway" vol sweetpeas geplant was van voor tot agter.  Hulle het in oorvloed geblom en ek kon elke dag blommetjies vir die tannie langsaan aandra. Wow - Good memories.)
Interressante bevinding uit my eie tuin volg hier:

Ek het 'n toets gedoen:  Een helfte is geplant in 'n bedding wat ek met baie moeite voorberei het met kompos en die saadjies is vooraf geweek in louwarm water oornag voor ek hulle gesaai het.  (Hulle het nou nog nie op gekom nie....)  Die ander helfte het ek sommer so op die ingewing van die oomblik net in 'n bedding gegooi, sonder om die saadjies vooraf te week in water.  (Hulle het pragtig op gekom.)  Hmmmm albei beddings het goed water gekry en albei beddings het genoeg son....

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.