Sunday 29 December 2013

Maklikste Gammon en Tong ooit


Hier is 'n resep wat ek en my broer hierdie Kerstyd self geprakseer het tydens ons see vakansie.
By gebrek aan al die bestandele vir ons normale resep en omdat ons reeds vleis in die oond gehad het, moes ons plan maak om die gammon en tong so maklik moontlik gaar te maak. Dis die maklikste resep ooit en die vleis het heerlik uitgekom.  Wie sou nou kon dink mens kan tong en gammon in een pot gaarmaak.....

Drukkoker = 55 min.
Plaas die Tong & Gammon saam saam in elektriese drukkoker (presure cooker).




  • Voeg by die gerasperde skil van een suurlemoen.
  • Gooi daarna genoeg Lemonade in die pot sodat die vleis halfpad bedek is.
  • Aromat na smaak.
  • Halwe ui in dun ringetjies gesny (ons het dit voor die tyd bietjie gebraai met bruinsuiker, maar dis optioneel)
  • Klein beitjie fyn Cloves (optioneel) 
En dis die hele resep.  Na 55 min. kan jy maar die vleis uithaal en bedien.

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.