Tuesday, 1 October 2013

Maalvleis met slapdeeg pastei

Maklike resep vir 'n maalvleis-pastei:
 
500gr maalvleis
1 uie gekap
Kerrie opsioneel sou jy verkies
Braai bogenoemde tot gaar. Voeg by jou sout, peper, knoffel, bladjang en speserye. Voeg by 1 koppie veggie mix en so halwe pakkie bruin uie sop aangemaak met so om en by 1 kop water – gooi by maalvleis mengsel.
Kook deur tot dit nie meer waterig en loperig is nie. Skep in oonvaste gespuite bak.
SLAP PASTEI DEEG;
125 ml olie
125ml melk
190 ml bruismeel
1 eier (geklits in bietjie water)
Meng tot slapdeeg – gooi bo-oor pastei en bak in oond by 180 grade vir ongeveer 15min tot gaar en goudbruin

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.