Thursday 21 February 2013

Tamatie blatjang / Tamatie Chutney

Tradisionele Tamatieblatjang Resep
(Die resep is nog in ponde en dit sê vir my dit kan werklik die moeite werd wees om te maak.)

2 pond tamaties
half pond bruin suiker
1 k asyn
half pond sultanas
1 e mosterd
1 e fyn gemmer
1 e sout
2 uie, in dun skyfies gesny
kwart teelepel rooipeper

  Metode:
  • Skil die tamaties af (dompel hulle 'n paar minute lank in kookwater en daarna in koue water om die skilletjies los te maak) en sny hulle fyn.
  • Meng al die bestandele en kook dit stadig in 'n emaljekastrol tot dit die regte dikte het. Roer dit af en toe om te voorkom dat dit brand.
  • Bottel terwyl dit warm is en verseël dit sodat geen metal met die blatjang in aanraking kom nie.

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.