Monday 25 February 2013

Ontbyt vir 'n klomp mense

As jy 'n groot hoeveelheid mense kry vir ontbyt is dit nie altyd maklik om vir almal gelyk eiers te bak met tamatie en bacon of salami daarby nie.

Hierdie idee is maklik.  Jy neem muffin pannetjies, Spray en Cook almal en voer hul uit met salami soat dit 'n bakkie vorm.  Jy kan dit ook doen met "back bacon".  Salami is egter 'n oulike idee omdat dit nie nodig het om "gaar" te raak nie.

Sit nou onder in elke bakkie 'n dun skyfie tamatie, breek 'n eier bo-op en rasper kaas bo-oor.  Jy kan sodoende 12, 24, 36 op 'n slag gelyk in jou oond maak.  Hou dop wanneer die eier gaar is, kan jy dit uithaal.

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.