Wednesday 27 February 2013

Kweper Blatjang

Ek is so gelukkig om 'n kweperboom in my tuin te hê wat nogal heelwat dra.  So, wanneer die goggas hulle uitlos, kan ek heerlike blatjang maak.  Die metode is so maklik:  Gooi bymekaar en kook.  Hier is die maklike resep:

Kweper Blatjang

500 g     kwepers in baie fyn stukkies gekap
250 g     pitlose rosyne
15 ml     fyn koljander
500 ml   bruin asyn
15 ml     fyn gemmer
           groot uie, gekap
           knoffelhuisies, fyngedruk
15 ml     growwe sout
           rooi rissie, fyn gekap
375 ml   bruinsuiker

Metode:
Meng al die bestanddele in 'n groot kastrol.
Kook stadig tot dik en donker van kleur (sowat 2 uur lank).
Bottel in gesteriliseerde flesse.

NB:  Bêre op 'n koel donker plek om ryp te word vir minstens 'n maand.

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.