Thursday 21 February 2013

Groentetuin in skaduwee

As jou groentetuin baie skadu het, is daar hoop. 

My voorliefde vir bome het veroorsaak dat daar nou heelwat skadu is oor ‘n area waar my groentetuin voorheen floreer het in die son.  Hieroor kla ek gladnie want ek sal beslis nie van my bome ontslae raak nie, want nou het ek vars vye elke jaar vir konfyt en koejawels om in te lê vir heerlike nageregte.  Ek het dus bietjie gaan navorsing doen oor die moontlikheid om steeds groente te plant waar nou heelwat skadu is.  Hier is waarop ek afgekom het:
Die kundiges sê mens kan selfs groente in dele plant wat tot so min as 3 ure direkte son per dag ontvang.  (Dis goeie nuus vir my.) 

Spikkelskadu met goeie lig deur die dag sal ook werk solank die grond goed dreineer want groente hou nie van “nat-voete” nie.  Die belangrikste is maar dat mens eksperimenteer en kyk wat groei die beste in jou tuin. 
Plant saailinge eerder as om saad te saai.  Hul wortels is reeds goed ontwikkel en hulle sal baie makliker groei in skadu as saadjies wat jy direk in die grond saai.

Hier is ‘n lys van ‘n paar groentesoorte en kruie wat met minder as 6 ure direkte son per dag, goed sal groei:
Uie, blaarslaai, kool, spinasie, asparigus, seldery, mint, oregano, fennel, knoffel en pietersielie
Namiddag skadu:  Beet, wortels, aartappels, soetrissies & chillies.

Alhoewel hulle dalk nie so baie sal dra soos wanneer hulle volson kry nie, sal jy steeds darem ‘n redelike goeie oes hê, en dis mos beter as niks, of hoe?

List of vegetables and herbs you can plant in a shady garden that will grow with less than the recommended 6 hours of sun a day:
Onion, Spinach, asparagus, mint, orgegano, fennel, garlic, parsley, cabbage and lettuce.
In Afternoon shade:  Beetroot, carrot, potatoes, chillies & greenpepper.

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.