Monday 25 February 2013

Goggas in die tuin - Beginner tuinier

My storie begin so:  By aanbeveling van al die tuin kenners, verkas ek na die naaste tuinsentrum op soek na “Stink Afrikaners”.  Ek is vertel dat as jy hierdie plantjies in jou groentetuin plant sal die goggas nie jou groenteplantjies opeet nie en ek was al moedeloos. 

Nou eerstens is dit ‘n saak van gebed as jy begin vra vir “Stink Afrikaners” in ‘n tuinsentrum.   Die mense kyk jou aan asof jy nou finaal heeltemal die pad verloor het.  Dan begin hul senuagtig te giggel en kyk rond vir hulp.  Dringend.

Uiteindelik besluit ons dit moet seker Marigolds wees…… en hulle wys my in die rigting van hordes helder oranje blommetjies.

Hmmmmm groot was my skok toe daar yslike groot goggas op die tuinsentrum se Marigolds sit.  Helder oordag.  Ek was stomgeslaan en roep iemand nader wat toevallig staan en kyk of ek darem nou reg gekom het.  Met groot geduld word ek toe verduidelik dat dit so MOET wees.  Sien die Marigolds trek die goggas aan en dan “vergeet” hul van die sappige tamatie plantjie langsaan.  En so word jou plante gespaar.  Nou ja.  Daar leer ek toe ook ‘n nuwe les en hulle leer ken “Stink Afrikaners” met ‘n groot gegiggel. 

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.