Pages

Wednesday, 16 July 2014

Dadelvingers

Heeeeeeeeeeeeeeeeeeerlik.  Kan in balletjies gerol word, blokkies gesny word of in lang dadelvingers omskep word:
Bestandele:
250 g (½ blok) botter
500 g (2 x 250 g-pakkies) dadels, fyn gekap...
1 eier
125 ml (½ k) strooisuiker
knypie sout
200 g (1 pakkie) Mariebeskuitjies
500 ml (2 k) fyn klapper

1. Smelt botter oor lae hitte en voeg dadels by. Prut stadig vir 3 min. oor lae hitte terwyl geroer word.
2. Klits eier, suiker en sout en voeg by bottermengsel. Roer tot goed gemeng en laat nog 2 min. op warm stoofplaat. Verwyder van hitte.
3. Breek beskuitjies met hande in fyn stukkies en voeg by dadelmengsel.
4. Smeer reghoekige bak (20 cm x 25 cm) en voer met bakpapier.
5. Skep dadelmengsel in bak. Druk met agterkant van lepel vas en plaas in yskas vir ongeveer 3 uur.
6. Sny met skerp mes in blokkies soos verkies.
7. Haal blokkies met behulp van bakpapier uit bak en rol in klapper.

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.