Pages

Thursday, 20 June 2013

Tamatie Chutney / Blatjang (Maklik)

Hier is 'n maklike resep vir tamatie chutney wat jy kan bottel en wat goed sal lyk op enige spensrak.  (Dalk 'n goeie idee vir Kersfees geskenke.)

Maklike tamatie chutney / blatjang

24 konfyt tamaties in klein blokkies geny
3 groot uie in fyn stukkies gesny
Bogenoemde twee bestandele kan jy so groot of so klein sny as wat by jou smaak pas.
Sit die tamaties en uie saam in ‘n dikboom-kastrol op die stoof.
 
 Voeg by:
1/2 bottel asyn
1 E gemmerpoeier
2 1/2 k suiker
1/2 tl sout
1 el fyn mosterdpoeier
2 k sultana rosyne

 Kook tot dik terwyl jy gereeld roer sodat dit nie aanbrand nie, en bottel warm.

(Indien jy hou van iets met ‘n sterker smaak, kan jy rissies by sit na smaak of “Sweet chilli sauce”.)

No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.