Pages

Thursday, 27 June 2013

Outydse boontjiesop sonder fieterjasies

Deesdae kry mens so baie resepte op die internet, maar somtyds soek jy net die doodgewone outydse tradisionele resep - sonder fieterjasies. 

Bestandele:
100 g spekvleis, in kleiner stukke gesny
1 pak (500 g) droëbone, geweek
3 liter (12 k) water
500 g beesskenkelvleis, in stukke gesaag
1 ui, grof gekap
1 beesvleisaftrekselblokkie
2 ml neutmuskaat
125 ml fyn gekapte vars pietersielie
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Metode:
Braai die spekvleis in 'n groot kastrol tot gaar. Dreineer die bone en voeg saam met die koue water en skenkelvleis by die spek. Bedek en laat prut tot die bone sag is. Voeg dan die ui, aftrekselblokkie, neutmuskaat en pietersielie by en laat nog ongeveer 'n uur prut. Geur met sout en peper.


No comments:

Post a Comment

Note: only a member of this blog may post a comment.