Die resep is maklik, maar dit is ongelooflik heerlik. As jy 'n vyeboom soos ek, in jou tuin het moet jy eenvoudig hierdie resep in jou boek skryf en probeer:
Was en skil die ryp vye dun af en weeg dit.
Gebruik 375 g suiker vir elke 500 g vrugte en 125 ml water vir elke 500 g suiker.
Sit die vye en die suiker in lae in n kastrol en voeg die water by.
Verhit stadig en roer af en toe tot die suiker opgelos is.
Voeg n stuk gekneusde gemmer en 15 ml suurlemoensap vir elke 500 g vrugte by.
Kook verder, omtrent 'n uur en bottel dit warm.
No comments:
Post a Comment
Note: only a member of this blog may post a comment.